Geagte vrinne en slim mense
Hierdie “hou jou bek of ek klap hom toe”-beleid maak my hele lyf die ene hoendervleis.
Goeie bliksem, en ek vloek nie sommer nie, maar wat de hel wil hulle dan nou hê?
’n Spul zombies wat “Ja” en “Amen” al die pad van die kerk, deur die skool, in die media tot by die politiek.
Die volk soek “die waarheid” en niks behalwe die waarheid nie.
Ons almal weet dat die ABC-kan lieg, bedrieg, skinder maar tog ook dat dit die enigste waarheid praat.
Elke letter kan of gerwe laat gloei of strome van seën laat uitsak.
Ek doen ’n beroep op elkeen wat vuurhoutjies hou asook diegene wat vure doodslaan:
Kom ons almal vat hande en wees verantwoordelik asseblief!
Laat ons met respek en eerbied met die taal en waarheid omgaan sonder om dit met bande te snoer of wette te probeer beheer.
Het die verlede ons dan nie almal geleer hoe dis is as jou mond gesnoer is.
Ek dog ek sê maar net terwyl ek nog kan en mag!
Groetnis
Oemdhan Pieterse (ex-taalinvalide)

