Oemdhan Pieterse

Oemdhan Pieterse het as taalinvalide sonder die geskrewe teks of gesproke woord sy ouers se senuwees rou geskreeu. In 1965 het sy veelbesproke akademiese loopbaan op ’n hardebank van Laerskool Môrewag begin. Genadiglik leer hulle hom toe die ABC en word hy rustig verder met boeke groot. Sy eerste uitstappie na die dorpsbiblioteek op sewe jaar was een van die magiese hoogtepunte in sy lewe. Van toe tot nou is die grootste lekkerte vir hom om soos sy helde met woordkwas en taalverf prentjies in ander se koppe te skilder.

Die Oos-Kaap met sy groen heuwels en goue sand is waar hy ‘vonk’ vir skepping kry en waar hy vir die res van sy bestaan sal wil bly en na sy dood graag sal wil lê.



Opgedateer/Updated: 2010-02-16
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top