Goedenmiddag Almatine!!
Ek het jou artikel op die internet gelees: genotvolle leesstof !!!
As ek mag, sal ek graag 'n vragie wil vra.
Agtergrond:
Ek help by 'n plek wat groepsontwikkeling doen en een van die groepe wat
daar aankom, kom uit Nederland. Ek wil graag Nederlands leer en het nou vir my ’n
kursus gekoop met 'n boek en CD's. Daar is egter van die ouens van Nederland (wat
reeds op kursus was) wat ek kontak mee het via facebook, wat Afrikaans wil leer.
My vraag:
Wat kan ek doen om te help sodat hulle Afrikaans kan leer? Ek het reeds 'n kursus (Complete Afrikaans) aangestuur, maar oorweeg dit ook nou om Afrikaanse boeke vir hulle te stuur sodat hulle dit kan lees. Ons kommunikeer reeds via facebook (partykeer in Afrikaans en partykeer in Nederlands ) sodat ons mekaar kan leer.
Ons wil ook een van die dae begin skype sodat ons kan "hoor" hoe die ander taal klink.
En as jy enige raad vir my het (wat Nederlands wil leer !! ) sal dit ook welkom wees!!!
Baie groete!
Tot ziens!
John Longland
(My naam is Engels maar ek is Afrikaans!!)

