|
The arrogance of power Author: Xolela Mangcu ‘Intense, involved, edgy … at best, his work is brilliant’ – Riaan de Villiers, journalist, in reviewing this book in manuscript Dr Xolela Mangcu has earned a reputation as one of South Africa’s most vibrant and engaging public voices. This new book is a collection of his columns written for local and international newspapers over the past fifteen years. Vivid, polemical and poignant, it records the initial excitement – and growing disillusionment – of a leading black intellectual about post-apartheid government, notably the administrations of Thabo Mbeki and Jacob Zuma, and the growing realisation that achieving real liberation in South Africa will require an even longer struggle than he had once believed. On Biko: A Biography, Mangcu’s previous book: ‘Brilliant … a landmark’ – Prof Jeff Peires, Rhodes University |
|
|
Makietie Skrywer: Tiaan Langenegger & Mynhardt Joubert Die Kokkedoor-wenners (Tiaan en Mynhardt) se eie resepteboek wat ook aansluit by hulle TV-program op Kyknet genaamd Makietie. Die boek bevat dertien feesgeleenthede soos ’n boekklubete, ’n “vintage rugby-ete” (met Schalk Burger), ’n karnival-kinderpartytjie, ’n moderne braai in die wingerd en ’n tradisionele familie Sondag-middagete. Elke geleentheid bestaan uit ’n volledige spyskaart met die heerlikste resepte en die pragtigste tafelversierings Klik hier en koop jou eksemplaar van Makietie nou van Kalahari.com!
|
|
|
Die respektabele meneer hartslief Skrywer: Chris Karsten Wanneer ’n nagklubbaas die katelknaap van sy minnares laat vermoor deur ’n eksentrieke huurmoordenaar, loop hy hom vas in die vermoorde se familie, die Hartslief-clan van Brixton. Elie Hartslief is die brein; Antie Engel met haar sopkombuis en sesde sintuig die hart; neef Boela met die slaghuis, die spiere; en die verfynde Moks met sy helderkleurige mohican en daggakoekies die bek. Elie is deesdae amper respektabel en mnr Morkel van Morkel Wealth se regterhand, maar sy broer se moord noodsaak dat die Hartsliefs laer trek. Maar hulle teenstanders is die berugte Bogdan Petrescu en sy huurmoordenaar Lood – ’n man met ’n voorliefde vir saksofoonmusiek en ’n aanleg om mense op kreatiewe maniere dood te maak. Dink Coen-broers en Westerns in Brixton en Sandton. Karsten-noir uit die boonste rakke! Klik hier en koop jou eksemplaar van Die respektabele meneer hartslief nou van Kalahari.com!
|
|
|
The Mark Author: Edyth Bulbring “My name is Juliet Seven. The date is 264 PC. This year, I am going to wipe out my father and my sister. And then, I am going to off myself. The Machine will record that I lived for fifteen years, worked as a drudge, and that my last address was Room 33, Section D, Slum City. Everything I do this year was spoken of before I existed. And it will be written in the blood of those who survive me.” In the future, the world has flipped. Ravaged by the Conflagration, this is a harsh world where the relentless sun beats down, people’s lives are run by a heartless elite and law is enforced by a brutal brigade. A mark at the base of the spine controls each person’s destiny. The Machine decides what work you will do and who your life partner will be. In this world, everyone must make their contribution. Some more than others. Juliet Seven – “Ettie” – will soon turn 15 and her life as a drudge will begin, her fate-mate mate will be chosen. Like everyone else, her future is marked by the numbers on her spine. But Ettie decides to challenge her destiny. And in so doing, she fulfils the prophecy that was spoken of before she even existed. “Constant tension, constant antagonism with authority and harsh underlying social comment.” – Jay Heale As jy deel is van die werkersklas van Slum City, word jou bestaan vir jou beplan: watter werk jy sal doen, waar jy sal bly en selfs watter man of vrou jy sal hê. Wanneer jy sestien jaar oud word, begin jy werk vir die mense van Mangeria City; in hulle huise, restaurante, klubs en kantore. Maar uiteindelik beheer Die Masjien alles en elkeen word geken aan die merk op hulle rug. Dit is dié merk wat Juliet Seven, pas sestien, met al haar mag wil wegkry. Maar hoe, as jy weet elke beweging word dopgehou? Wie kan jy vertrou? |
|
|
Noko en die koel katte Skrywer: Fiona Moodie Agt dierevriende besluit om die Grootstad te besoek vir ’n konsert. Op pad huis toe wag daar ’n verrassing op hulle: hulle ontmoet die orkes - die Koel Katte! Daar word tot laatnag gekuier. Klik hier en koop jou eksemplaar van Noko en die koel katte nou van Kalahari.com!
|
|
|
Buys. ’n Grensroman Skrywer: Willem Anker Coenraad de Buys was die gevaarlikste man in die Kolonie. Op agtjarige ouderdom het hy sy eerste grens oorgesteek en sy ouerhuis agtergelaat. Huis-uit, Kaap-uit, beskawing-uit. Uiteindelik wêrelduit. Van die Langkloof swerf Buys – oftewel Khula, Koning van die Basters, veelwywer, rampokker, swendelaar, voëlvry-verklaarde, uitvaagsel, pes van die regering, reus − deur die onrustige landskap van die laat sewentienhonderds. Hy bly anderkant die Vis by Xhosa-opperhoof Ngqika, wat soos sy seun is. Hy bly by die Tamboekies; in die republiek van Graaff-Reinet; op die trekpad. Oral trek hy saam met en sonder Maria, Nombini, Elizabeth en ander vroue. Oral verwek hy kinders; oral sluit ander rowers en weglopers by hom aan – ’n ganske Buysvolk. Hy dikteer self die reisiger-skrywer Lichtenstein se beskrywing van die legende Buys. Hy tolk tussen Brit en Xhosa en praat deurgaans net sy eie woorde. Hy help sy vriend die sendeling Van der Kemp om ’n drukpers te bou en om die ink met eie bloed te meng, maar lê dan die letters vas. En oral op sy drosterpad is daar die honde, altyd die honde en die af-oor gedierte wat Buys se jeukvoete op die pad gesit het. Op Buys se spoor, in sy kop, om sy kampvuur draai die kwylende bekke rond. Hy word gebore in die Langkloof. Hy sterf teen die oewer van die Limpopo. Maar Buys is nie dood nie. Buys is ’n roman oor grense en oor grond. Dit vertel waar ons vandaan kom. Klik hier en koop jou eksemplaar van Buys. ’n Grensroman nou van Kalahari.com!
|
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.







