NB-Uitgewers by die Woordfees

  • 0

Melanie Grobler
Melanie Grobler verstaan die kuns om die leser los te maak van die aarde en die aardse. In Deur ruite van die reis word die reistema, geografies sowel as deur streke van die gees, verken. Zandra Bezuidenhout praat met Melanie oor die soeke na die ewig ontwykende betekenis van die gedig.
6 Maart 16:00 | Erfurthuis | 50min | R40

Getuie
Douwleen Bredenhann gesels met Christine Barkhuizen-le Roux oor haar roman Getuie, ’n aangrypende verhaal oor aktuele kwessies soos die rol van ’n rigiede godsdienstige opvoeding in drie vrouens se lewens, die dood van ’n eggenoot en selfmoord.
7 Maart 10:00 | Erfurthuis | 50min | R40


 

Die Afrikaanse Kortverhaalboek
Die sewende hersiene uitgawe van Abraham H de Vries se bloemlesing is die kortverhaal-barometer in Afrikaans. Die nuwe uitgawe sluit 133 verhale van 81 skrywers in oor ’n tydperk van byna 120 jaar. Willemien Brümmer vra Braam uit oor die jongste uitgawe. Gaan kyk gerus ook na die teaterstuk Smelt. Verwelkoming: Dorothea van Zyl.
6 Maart 14:00 | Erfurthuis | 50min | R40

Marzanne Leroux-Van der Boon

Marzanne Leroux-Van der Boon
Die bekende skrywer van die Israel-reeks gesels met Lééf met hart en siel se redakteur Christine Ferreira oor haar jongste boek Lewensblik – Sketse oor die lewe. Luister hoe dié gewilde Lux Verbi-skrywer te werk gaan om ’n oomblik én ’n leeftyd tegelyk in een skets raak te vang.
7 Maart 12:00 | Boektent | 50min | R30 by die deur


As die Bokke nie wil cuddle nie
Radio-omroeper Johann Myburgh gesels met Marnus Hattingh, skrywer van As die Bokke nie wil cuddle nie: ’n Verstaan-mans-beter-gids. Joernaliste Sophia van Taak en Riette Rust kom gee die vroulike perspektief op dating, Meneer Reg en hoekom hy belangstelling verloor.
8 Maart 14:00 | Erfurthuis | 50min | R40

C’est la vie
Jeanne Els gesels met Lanie van Reenen, bekende in dekorkringe, oor haar nuwe boek C’est la vie. Kom hoor hoe genot en verlies deel was van haar besluit om ’n kasteel in Frankryk te koop en daarvan ’n toeristebestemming te maak.
7 Maart 16:00 | Erfurthuis | 50min | R40


Deborah Steinmair
Deborah Steinmair vertel vir Marion Holm van haar verbeeldingryke speurroman Die neus wat ook as swart komedie beskou kan word. Dié verhaal met sy fantasmagoriese oomblikke beweeg teen ’n vaart wat lesers sal meesleur en vermaak.
8 Maart 11:00 | Erfurthuis | 50min | R40

Jeanne Els

Mediterreense herinneringe
Dié bundel van André P Brink sluit aan by die 2012-keur uit sy reissketse Herinneringe aan Parys. Dit bevat die beste stories uit sy reistekste oor Italië, Spanje en die suide van Frankryk: Sempre diritto, Olé en Midi. Naas Steenkamp gesels met ons eie wêreldbekende skrywer. Verwelkoming: Dorothea van Zyl.
9 Maart 11:00 | Boektent | 50min | R50


 

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top