Navraag oor dagga

  • 9

’n Paar maande gelede het die Grondwethof goedgekeur dat mense nou dagga mag gebruik in hul privaat omgewings, wat beteken in jou huis en dalk selfs op jou werf as dit toegebou is met hoë mure, soos myne. Mense mag selfs ’n aantal daggaplantjies aanhou, het die hof beslis.

Is ek reg met my interpretasie of nie?
 
Wie kan raad gee?
 
Groete,
 
Tiens
  • 9

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Tiens, dit het betrekkinge op 1 zol rook in privaatheid. Maw, 1 sigaret se rook. Die koop is nie onwettig nie, die verkoop/handel is wel onwettig. Dieselfde met dagga-olie.
    Die besit, kweek en handel is nog onwettig.

  • Tiens Pretorius

    Dis tog onlogies dat die koop nie onwettig is nie, maar die verkoop wel. Ook dat jy dit mag rook, maar nie mag besit nie. Soos baie dinge in die lewe, verstaan ek dit nie.

  • Julle altwee klink gerook! Die hele ding is deur sensasie uitverband getrek.
    Dis onwettig - tensy jy 'n wettige rede vir die besit daarvan het - soos bv 'n dokterssertifikaat vir preparate daarvan. Jy kan dit nie rook nie - nog nie.

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, waar kry jy daardie doktersertifikaat wat jou so gerook laat klink?
    Ons het juis die uitspraak bevraagteken. Die uitspraak was vir Rastas...om hul "godsdiens" te wettig. Dit was baie swak uitspraak, soos baie ander, oa wat die unievlag en deel van geskiedenis haatspraak maak.

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, Gareth Prince was hoof aansoeker in Grondwethof om dagga te wettig.
    Regter Zondo het bevind dat die besit en gebruik in privaatheid wat verbied was in wetgewing, ingrondwetlik was. Hy gee parlement 2 jaar tyd vanaf September 2018 om te besin oor privaatheid en hoeveelheid vir gebruik en besit in privaatheid en wetgewing aan te pas.
    In hierdie 2 jaar, bly bestaande wetgewing inplek en geen "doktersertifikaat" word genoem in dwelmwetgewing om besit en gebruik in privaatheid of publiek te magtig nie. Tot parlement met verandering aan wetgewing kom, bly dit onwettig tot September 2020.
    Die affêre van "doktersertifikaat" is voorstedelike legende.

  • Hans Richardt

    Regter Zondo het sy uitspraak in Grondwethof opgeskort vir toepassing vir 2 jaar, vir parlement om "privaatheid" en "hoeveelheid vir privaatheid besit en gebruik" in dwelmwetgewing te definieër. Tot dan, glo ek nie daar is enige dokter wat magtiging volgens wetgewing het om gebruik van dagga voor te skryf nie. Daardie is voorstedelike legende van my oupa se era..

  • Hans Richardt

    Tiens, die volledige uitspraak is beskikbaar op Google en so kan jy daarin lees dat Regter Zondo sy uitspraak opgeskort het vir 2 jaar om parlement kans te gee om artikels oor privaatheid, wettige besit en gebruik van hoeveelheid dagga in privaatheid, te omskryf in dwelmwetgewing. Maw tot September 2020 bly status qou dat dagga onwettig is.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top