natuur en kultuur

  • 0

(’n herinnering, ook aan 1 Kor 13)

die groot hart-attraksie van die tyd
uit Alabama het na die Kaap gekom
die soul-sanger uit die blou suide van die VSA
die saal was dig gepak vroegaand
met mense van die Flatse en die vleie en die berg
die program se voorspeletjies is gou-gou afgehandel

en in die swanger stilte volgens retoriek
net na die eerste akkoorde van die intieme orkes –
die gedawer van die skare het moeilik bedaar vir hierdie sanger –
toe gil die piepsopraan van ’n proletariërmeisie
reg in die middel van die jeukende gehoor
hartstogtelik ten hemele: “Saag my,
saag my, Percy!”

 

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top