National Arts Festival: Callum’s Will laat gehoor soms in die duister

  • 0

Skrywer en regisseur: Jann Ramos-Violante
Spelers: Darryn King en Clinton Small

Callum’s Will, die titel ’n slim spel op die name van die karakters Callum en Will, strek oor die ses maande waarin dié twee mekaar geselskap hou. Callum is ’n eksberoepsballetdanser wat nie langer kan dans nie, omdat ’n motorongeluk hom verlam gelaat het, en Will is sy versorger. Vanselfsprekend groei hul verhouding tot meer as net díé van ’n werkgewer-werknemer, en omvorm voor die gehoor se oë tot ’n hartroerende vriendskap.

Ongelukkig word die stuk gerem deur die behoefte om dit realisties te vertolk. Die tonele is kort en dikwels voel dit asof die gehoor langer in die donker gelaat word (letterlik) as wat die eintlike spel is terwyl die akteurs kostuums verander en die stel verander word. Alhoewel dit ruimte laat vir reflektering op die emosiebelaaide tonele, verloor die gehoor later vinnig aandag.

Die teks is eenvoudig en die spel eerlik. Dit vertel van drome reeds gefaal en nog te vervul en hoe liefde en vriendskap hierop inspeel. Die vertoning was tot 3 Junie by die Nasionale Kunstefees te sien.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top