In die VSA word verskeie parades jaarliks gehou ter herdenking van die herkoms van burgers van die land. Van die bekenste is die St Patricks Day Parade (Eire); Duits Parade; Puerto Rican Parade; Griekse Parade; ens. Op sodanige dag word die hoofstrate van die vernaamste stede in feesviering omskep, met nasionale danse, volksmusiek, tradisionele drag, tradisionele maaltye by stalletjies verkoop, ens.
Dit begin gewoonlik op ‘n punt, en beweeg stelsigmatig langs ‘n neergelegte roete tot ‘n hooflokaal, waar die hoofverrigtinge plaasvind. Die doel is om die trots in eie tradisie ten toon te stel aan die hele volk. Gewoonlik is dit ook ‘n groot trekpleister vir spektators en toeriste, waarvolgens hulle ‘n blik kan kry oor die betrokke volkstradisie. Dit dien ook als hegmiddel om volkseie trots onderling te bewerkstellig.
Hier in ons land is die Afrikaner bekend vir sy feeste, Oppie Koppie; Aardklop; KKKNK; Voortrekkermonument; Pretoria verjaardag; ens. Die groot nadeel is dat Afrikaners met min middele gewoonlik nie hierdie feeste kan bywoon nie.
So ‘n jaarlikse parade bekend as Afrikanerdag-Parade, soos in die VSA gevier, in al die hoofstrate van ons stede en dorpe, almal op dieselfde dag gevier, sal ‘n belewenis wees. Dit sal automaties als trekpleiser vir die meeste Afrikaners dien, selfs diegene wat nie die middele het om die nasionale feeste te kan bywoon nie.
Soos ons reeds weet, wanneer Afrika kultureel ten toongestel word hier in SA vir buitelandse konsumpsie, word die Afrikaner doelbewus uitgesluit, wat die indruk skep dat die Afrikaner se bedrae tot die land miniskuul en niksseggends is. Hierdie tipe parades sal jaarliks internasionale aandag op Afrikaners vestig asook die buiteland bewus maak van die Afrikaner se waardevolle bydraes tot die land.
Miskien is dit nou die gegewe tyd dat ons kulturele meesters aandag daaraan gee.
Jaco Fourie


Kommentaar
Jaco
Beste Enjee
Dankie vir jou goedgesinde respons wat deur my baie waardeer word.
Jaco Fourie
Laat waai Jaco,
plaas 'n foto hier op die werf van jou op 'n perd met 'n safaripak en velskoene.
Cheers
Duitswester
Neewat Duitswester
Dis oudmodiese Afrikanerkultuur. Ek sal in die Nuwe-Afrikaner-parade met kaal bolyf, tietklampe, stywe leerbroek, leer hood met ooggatjies, en leerboots op "geleende" Harley Davidson daar uitsien
Jaco Fourie
Nee fok, ek dink nie ek sal vandag iets kan eet nie.
Duitswester
Haai Duitswester
Grap net man! Ek het 'n "way out" karikatuur van 'n moontlike modern Afrikaner in teenstelling met jou karikauur van 'n Afrikaner van die verlede uitgebeeld. Jammer my kommunikasiekunde was die keer nie so goed nie.
Jaco Fourie