Namaste vir ses gaste
Ek berei ? verwelkomingsmaal
Ek dek ? tafel vir ses gaste
Vandag mag ek nooi wie ek wil
vir ? aand van namaste
Die stoel op die punt van tafelhoof
gee ek aan liewe Jesus
Ek wil Sy voete was
terwyl Hy sit en rus
Op die tweede stoel sit
Kahlil Gibran, die profeet
Ek wil van sy wysheid drink
en alles van sy spreuke weet
Die derde stoel gee ek
aan die kunstenaarsiel, Claude Monet
Dalk kan ek vanaand gratis
? skilderytjie van hom kry
Op die vierde stoel
sit Charles Darwin, die evolusionis
Net vir ingeval ek iets
oor die evolusionisme mis
Dan gee ek nog ? stoel
vir goeie ou Alexander Bell
Vir hom wil ek my ring tone speel
en van my Blackberry vertel
Op die stoel langs my
maak ek vir Ingrid Jonker plek
Ek wil haar skrywershande vashou
terwyl die oseaan uit haar hartseer lek


