om te staar deur 'n venster
Waar daar geen venster is nie
om te luister na geluide
waar daar geen geluide is nie
om te wil praat
waar daar geen spraak is nie
om te dwaal in my stikdonker gedagtes
al langs die muur voel-voel langs die muur
tot jou vingers my vingers aanraak
jy 'n rustigheid oor my bring
Mamma waar is jy Mamma
die wêreld vir my een groot vrees
Mamma hoeveel sterre het die nag?


Kommentaar
Ek is mal oor hierdie gedig, dit voel asof dit moet aangaan. Floris Brown is 'n digter van formaat, ek hou van al die gedigte wat ek al gelees het van hom.
Baie dankie Angela vir jou MOOI woorde. Dat jy ook lief is vir ons MOEDERTAAL AFRIKAANS!
Nou moét jy 'n ou man tranerig so vroeg in die oggend maak?
Dankie!
Wat 'n pragtige gedig. Skoon weemoedig nadat ek dit gelees het. Baie dankie Floris, u is voorwaar 'n uitstekende digter. Hou aan ...
Verstaanbaar
Lees ook op http://www.florisbrown.com
Baie mooi gedig, Floris.
Groete uit Holland
Boeta Brown - soos baie van ons jou ken - baie mense besef nie watter goeie karakter jou gedigte uitbeeld nie. Voorwaar uitstekend, Gaan voort ou maat.