Nagemaakte gemors, Hans

  • 0

Koop vir jou ’n Hilti. Verkieslik ’n ouer model en koop die boorpunte wat jy verseker weet is iewers nie-Oosters gemaak. Ek werk al jarre met myne en boor letterlik duisende gate in staal en beton. Dis ou werkesels die Hilti's. Maar oppas, want die Sjinese probeer dit ook namaak soos wat hulle met alles doen. As jy die boorpunt onder R80 koop is dit gemors en gaan jy aanhou koop.

Enige land wat staatmaak op ander om vir hulle idees te gee kannie op die lange duur standhou nie. Die Sjinese het bloot die massas en slawearbeid. En ons weet almal dat ’n slaaf of ’n ongeskoolde persoon nie eens ’n namaaksel behoorlik kan namaak nie. Dis nie ’n kwessie van weet of nie weet nie. Dis meer ’n kwessie van: Ek voel ’n fok. Ek sien dit elke dag al meer.

Die Sjinese "prys" hulself al meer uit die mark uit, want ou Langenhoven het doerie tyd mos al beduie: "n Na-aper is niks anders as ’n slegte aap nie, want as hy nog ’n aap was kon mens dit verstaan, maar nou is hy nie een van die twee nie" (of so iets). Ek koop nie iets uit Sjina tensy ek geen ander keuse het nie. Punt.

Groete uit Oesterland

oester 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top