Ek verwys na die program Robinson Regstreeks van Sondag 30 Oktober 2011. Aan die einde van die program het Freek aangekondig dag hy ’n program oor nadoodse ervarings beoog en doen hy toe ’n beroep op dié wat sodanige ervarings gehad het om hom asseblief te kontak.
Johan Schutte, wat die weervoorspellings op TV2 aanbied, het een aand nadat daar op dié dag ’n gedeeltelike sonsverduistering was, verduidelik dat dit ’n gedeelte van die maan se skaduwee is wat op die son geval het. Nou – as enigiets se skaduwee op die einste ligbron wat die skaduwee veroorsaak kan val, dan vreet ek my spreekwoordelike hoed op.
Maar hierdie versoek van Freek val darem maklik in dieselfde snert-kategorie.
Ek dink hy sit nou met ’n probleem want niemand wat tans lewe kon ’n nadoodse ervaring gehad het nie en die wat dood is, kan hom nie kontak nie.
Groete
Panda


Kommentaar
Aan Johan Schutte. Die naam van die hoofkamp van die Wildtuin spreek mens nie Skikoeza uit nie. Dit is Skoekoeza.