’n Uitstalling van skilderye deur Leon Fourie en beeldhouwerke deur Ruhan Janse van Vuuren
Kunsvereniging Pretoria, Mackiestraat 173, Nieuw Muckleneuk, Pretoria
Galery-ure: Dinsdag tot Vrydag: 09:00 tot 18:00, Saterdag: 09:00 tot 14:00
Leon Fourie en Ruhan Janse van Vuuren se uitstalling van naakfigure en ander huishoudelike moleste, kom op die regte tyd met ons warm somersdae en almal se begeerte om van te veel klere ontslae te raak en om emosioneel meer toeganklik te word. Hul tegnies-vaardige en aanskoulike kunswerke komplimenteer mekaar met gestileerde elegansie. In die werke is daar wel klassieke elemente sonder om die onderliggende simboliek van ons huidige lewenstyle te misken. Sodoende word ’n eietydse boodskap oorgedra. Die twee kunstenaars se uitbeeldings van die naakfiguur het ’n werklikheidsinslag wat kykers uitlok om voyeurs te word en om uit hul gemaklike posisies, dinge soos lyflikheid en sterflikheid, te bedink.
Die uitstalling word deur Johan Myburg, kunsredakteur van BEELD, geopen op Vrydag 25 November 2011 om 18:30 vir 19:00 en kan besigtig word tot 14 Desember 2011. Op Saterdag 3 Desember 2011 om 11:00 sal Leon Fourie ’n rondleiding in die galery aanbied.
Tel: 012 346 3100
artspta@mweb.co.za
www.artsassociationpta.co.za

