"Na die aand" deur Bradley Dreyer

  • 0

Na die aand

Huiwer mense baie maar swerf liewers lekker
Hoe blom sleg na skielike plesier
Na die dors se einde bring dit weer gaap-pies

Hoe my arms pas om jou
bewys jy’s net vir my gebou
en dan kan ek sluk sonder om te kou
als net oor jou

Ek het probeer sing maar my stem was hees
Ek't probeer dans maar ek kon nie eers
Die volume vloeistof was klaar in my gees

Liewe groen lig vind sy skelm maat
en boedel ’n groot protes teen die donker ure
Skielik skrik ons groot blou golwe
en gedra ons ons soos wilde wolwe

Tot die besef dat
So lekker klouter doen slegs niks
behalwe skeur jou lewe onbewus  

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top