"’n Vriend bly ’n vriend" deur Wynand de Kock

  • 0

’n Vriend bly ’n vriend

Van smarag kan ek jou niks sê.
Mooi hare het jy,
Liefde is sy.
Jy gee my genot.
Hoekom so maklik,
Vir die toekoms so moeilik?
Geselligheid is goedkoop,
Kennis is duur.
Melancholie wag vir my,
Liefde bly jy.
Vraatsig soek ek na jou.
Ons sal in die skadu moet werk,
In die lig sal hulle dit teenwerk.
Nostalgie vang my,
Na jou uniekheid.
By jou wil ek bly,
Liefde was nog altyd jy.
Perfeksie het jy ontdek.
Jou voorkoms is net ’n vraag,
Jou passie is dan ’n antwoord.
Ek kan jou nie gelukkig hou nie.
Nooit sal jy bly nie.
Jy het, jy het belowe,
Maar dis ook gebreek,
So ook my gesig, eerder dit as my hart.
Jou liefdeslem kerf my vel.
Jou naam nou op my hart,
Getatoeëer.
Wat ookal jy vra, ek sal dit doen,
Nog net een keer…
Wat doen ek verkeerd?
Moeg is ek verlei,
Moeg is ek baklei,
Verniet het gely.
Help my,
Want nou is jy maar net ’n skadu.
’n Geraamte in my kas,
Die deur is oop.
Wys maar jou self...
Knaend voel ek
Intressante afleidings,
My inhibisies het my verlaat…
Doen nou my swerwersdaad.
Doen aan my geen plagiaat,
Want jy is ’n sonstraal,
Teen die rots van agaat.
My siel het my verlaat.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top