Tydens reklame, so tussenin Elke troep het sy boep, betrap Jors die beeld van ’n sofapokkel soos ’n Boeddha in die glans van sy skootbrak se snoet. Die wange bol beide Kajan se oge vol. En die kennetjie piek uit ’n plooiingsgebergte oor die blink tande. Dat Jors se beste blerrie vriend dan nou so murg breek uit 'n swaer been- die vermetelheid!
Maar die Pointer het iets. Dun dik Jors is geen deug nie. Minder monde oortuig hom meer male al vir dekades dat hy doodgaan van honger terwyl hy agter die lekker moet aanhou eet. Op hierdie stadium troef Jors se gesondheid die gevolge verder op en af in die voedselketting as hy die gemorskos staak; die hartkamer kan doen met leaner en meaner witbloedliggaampies.
Buurvrou se wortels in plek as die plan in planeet en Jors komkommer oor ’n geskikte oefenprogram. Sedert Viagra verbode verklaar is in stofstoei het hy bitter lanklaas gesweet ... Fietsry dalk? Ditsem!
Soos ’n kind met die Tour de France se specs vir ’n speelding onder die blad stap Jors deur sy motorhuis se spinnerakke om fiets te bou. Miskruierbolle vir wiele, blertse uit 'n gomsnuiwer se gekonfiskeerde Bostik hier, baie PVC-pype daar en siedaar: 'n tjopper.
’n Paar vetjies verbrand was oorspronklik die droom. Al drie plekke inneem op die podium teen die einde is egter ’n toer op sy eie al was die glorie van korte duur. ’n Paneel het beslis Jors se tweede skaduwee het ontoelaatbaar hoë vlakke van Super C in die bloed gehad. Jors het met gebroke hart onder die sjampers en blomme se gewig inmekaargesak.
Adriaan

