’n Vermiste ...

  • 4

Wat het van my goeie ou pêl Jaco Fourie geword?
Is jy oukei ou Jaco?

Raed-na-Gael

  • 4

Kommentaar

  • Raed

    Dankie vir jou belangstelling. Ek is OK. Ek het my ou werk weer teruggekry, wat my baie opgewonde en tans uiters besig hou, die dat ek die afgelope tyd nie op die Sê bedrywig was nie. Sodra ek weer in rat is hoort jy meer van my te hoor.

    Groete

  • Raed
    Die vorige ou wat my pos geërf het nadat ek 'n jaar gelede amper dood was, het so droog gemaak, dat hy onlangs ontslaan was, en ek deur my firma genader was om weer terug te kom om my landbouboereklandisie terug te wen wat die maatskappy intussen verloor het.
    Ek was die afgelope klompie weke voltyds op die pad, van die een plaas na die ander, om persoonlike betrekkinge met my vorige kliënte weer te herstel tot voordeel van die firma. Tot dusver het ek 100% ondersteunende beloftes gekry, en wag nou net vir die realisering daarvan in geldterme.
    Ek kry hierdie naweek weer 'n blaaskansie om op die Sê weer my Sê te Sê.
    Jou besorgdheid het my heerlik verras. Dankie, en groete!

  • Dag Jaco,
    'n vriend van my wie toevallig ook op die naam Jaco reageer is in dieselfde posisie, sy etlike korttermyn voorgangers het 'n uiters belangrike rol total opgeneuk. Hy swoeg en sweet om dit weer regop te kry, maar die suksesse is vir hom wonderlik. So byt vas, die bevrediging kom vragtevol.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top