"'n Switzerland in Worcester" deur Floris Brown

  • 0

'n Switzerland in Worcester

Hoe lank moes ons wag
vir die reën om te kom?
Hoe lank moes ons wag
vir blomme om te blom?

Hoe lank moes ons wag
vir die winter om te kom?
Hoe lank moes ons wag
vir sneeuwitberge al om?

REFREIN:
’n Sneeu-inval word gebring
deur gebed, huil en ween
’n Sneeu-inval word gebring
deur winterwolk en reën
’n Sneeu-inval word gebring
deur God se jaarlikse seën
Dis Switserland in Worcester as dit reën
Dis Switserland in Worcester as dit reën

Hoe lank moes ons wag
vir ysig weer om te kom?
Hoe lank moes ons wag
vir die Breërivier-marathon?

REFREIN

Hoe lank moes ons wag
vir ysig weer om te kom?
Hoe lank moes ons wag
vir die Breërivier-marathon?

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top