"'n Snaakse wêreld" deur Frans Massyn

  • 0

'n Snaakse wêreld

Die wêreld is darem vir my 'n snaakse plek
waar mense leef en swerf
Waar almal hulle nekke verrek
om te sien wat aangaan op hul bure se werf

As jy as mens ’n skewe hoedjie dra
wil almal hulle verstom
Jy hoor die mense maar gedurig vra
waar het dit vandaan gekom?

Eendag op ’n straat groet ek ’n pragtige nooi
ek kyk haar so ewe op en af
Ai, sy was vir my darem baie mooi
met net so ewe sê sy aan my
Is jy dan nou sommer laf?

Wat anders kon ek doen as om my te vererg?
Ek voel to sommer baie groen
en prober hard om my rooi ore te verberg

Maar die Eva-geslag moet net een ding onthou
dat as hulle nie ’n man kan kry
Ons mans bly nie altyd getrou
ons kan maklik in ’n ander land gaan vry

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top