stil
en killer
word die dae
en veraf die nagte
soos skepe, en bros uitgeroes
die luike teen die vlae van milde reën
wat mot en muf en in eikehoutvate
sterker oud word,
soos geparste
Shiraz.
- - - - - - - - - - - - - - -
[iemand soos Andre Letoit (Koos Kombuis)
het eenmaal ook daaroor kon dig-sing:
"ek het jou lief, ek het jou so lief soos die Kaap",
- sag soos 'n Kaapse winternag?
terwyl hy genot verskaf, blomme aandra
en selfs sy trapfiets slotloos uitleen]

