"’n Rede vir die verlede" deur Juandre Marais

  • 0

'n Rede vir die verlede

Ek sit en dink weer aan jou vanaand
Wonder hoekom jy by my spook
Die tyd het nie stilgestaan nie
In die verlede het ons ‘n paadjie saam geloop.
Ons liefde was so soet soos stroop
Lekker gelag en lekker gehuil
As ‘n mens net liefde kon koop?

Koor

Dinge gebeur soos dit moet
Daarom moet ek nou daarvoor boet
Was dit werklik nodig om daai aand te baklei?
Was dit regtig nodig om weg te ry?
Wat sal dit kos om jou terug te kry?

Die blomme om jou bed was verniet
Hoop jy het darem die reuk daarvan geniet!
In ‘n oomblik van waansin het ek alles verwoes,
Hoe sit ek nou my lewe weer op koers?

Om verskoning te vra is ‘n moeilike taak,
Ek wens jy kon die pyn in my hart sien!
Ek het seker elke traan verdien?

Koor

Dinge gebeur soos dit moet
Daarom moet ek nou daarvoor boet
Was dit werklik nodig om daai aand te baklei?
Was dit regtig nodig om weg te ry?
Wat sal dit kos om jou terug te kry?
(x2)
 
Hul sê alles gebeur met ‘n rede,
Gelukkig vir ons is daar nou vrede
Ek wens daar was ‘n konkrete rede
Vir alles wat gebeur in die verlede
Ongelukkig is die storie nou verby,
En sy kon my vergewe ...

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top