’n Pot goud?

  • 1

Keer verlede maand terug nadat ons my jongste kleindogter werklike sneeuval in Hogsback gaan wys het. Sneeutjies op die grond is vervelig, dis die val wat jy moet sien!

En oppad terug, onweerlegbare bewys dat daar g’n pot goud aan die einde is nie. Kyk hoe word die  veilingheidsreling aan die linkerkant deur hom verlig – geen pot goud daar nie!

Al padlangs koggel hy ons,

en ’n entjie verder aan eindig hy  in die boomtop. Kyk mooi, die boonste takke en blare word verlig.

Ook is daar geen pot goud nie!

En wat van ons Rëenboognasie? Sal daar ooit ‘n pot goud – voorspoed iewers te sien wees?

Goue groete.

Raed-na-Gael

  • 1

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    Daar is net pot goud vir uitgesoektes, wat mag steel, omdat hul voorheen benadeelde veterane is, kwansuis. Ons, wat swaar belastings betaal het, kry nie eens werk nie...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top