? Oomblik van jou
In ? enkele oomblik het jy afgebreek
al my pogings om jou te vergeet
Van alles wat ons was en is
en hoe verskriklik baie ek jou mis
Want jy is in my en om my en oor my
En ek is by jou en teen jou terwyl jy my aanraak
en troetel en vashou
Maar my hartseer hart wil weet
moet ek nou weer van vooraf leer
hoe om jou liefde te vergeet?
Want loop of dans ek in jou arms in
maak alles skielik onverklaarbaar sin


