Geskryf vir: Straatligkinders
Op ’n alleen-roete
Na ’n oopgemaakte skatkis gat
’n Uitgetrapte paadjie
Na nêrens en wag
Al die wakende donker
Wat vir slaaptyd oopoë wag
Daar’s ’n nagmerrie wat gaping soek deur my toegemaakte droom
Van stukke gebroke hart
as n diamant hoop vertoon
Vergete verlate in ’n kubus kluis gestoor
Vuiste uitgeveg, my heldin is vermoor
Vreesbevange staan ek
In die rigting van ’n skree
My hartklop melodie probeer die klanke beheer
Daar is demone wat deur hul doring kuste skeer
Êrens opsoek na my oopgebarste seer

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

