’n Namaste flow!

  • 0

ʼn Paa dae geliede onmoet ek een van dai “Uppity Kallids”. Djy wiet, die kallid wat dink hulle is hoër of bietere dan anne kallids wan hulle praatie Kaapsie, maa hulle “speak for England”. En ek is like, “Person, but why mus you be so?” Hie staan ek in dieselle space soes djy, en ek proebee om te praat, wan ôs is deel van ʼn grotere movement, ôs is mens, en jou “eye gels” is net grond toe.

Kyk hie, I knows, we all are going through one shit or the other, and depression is rife, speel oek saam blok-blok, "ek soek 'n boksie metjies, die winkel is toe" kinda-thing, of skaam is real, of som kan nettie om mense wiesie, ek vestaan, wan helfte vannie tyd dan stiek ek myself weg in my kame, of loep innie rondte met earphones oppie ore. But as ekkie jou menswies erken nie, wat sê dit dan van my? En ek wiet ek kan somme lekke vol “fiemies” wies, soes hulle sê (ôs gebruikie woord dubbel k senter a).

Twiedens, why do the kallids from England hold them like so? Dis ʼn experience wat ek oo en oo in my liewe nou al gehad het. Die suide dink hulle bieter dan die noorde, ommat hulle the Queen’s English praat. En dis ʼn storie wat ek van kleins af geleerit, dat Engels bieter is dan die taal wat ek praat, dat Engels bieter is as Afrikaans. Ek was soe convinced oo dit dat ek my taal vekoep het vi Engels.

En natuurlik lê daa mos nou iets dieper dan net “mense wattie ken van groetie”, of “mense wat dink dat hulle bieter is as die neks pesoon”, of dat Engels hoër sit as my taal, of Afrikaans.

Maa om iemand annes se menswies te sien en erken is belangrik. Maakie saak waa djy vedaan kô nie. Maakie saak hoe djy voel en dink hoe die wêreld jou moet sienie, ’it maakie saak oo jou state of mind, of jou state of soul ‘ie, ’it maakie saak van jou religion, of wat die neks pesoon sinne issie, wan ôs kô amal van dieselle source af. Om iemand se menswies te erken, maakie saak wat djy deumaakie, is belangrik, wan mens wiet nooit wat jou erkenning van die neks pesoon kan doen vi daai pesoonie, en wat jou erkenning oek an en vi jou eie siel kan doenie.

En ek sê oekie dat ʼn mens moetie bewus wies van wat anne mense deumaakie, wan ôs moet bewus wies vi, en van mekaa, en ôs moet bewus wies oo hoe ôs is met mekaa. Of is dié rêrig die wêreld wat ôs wil in liewe waa ôsie mekaa kan sien en erkenning gie nie? Wan ôs is bang vi mekaa? Ommat ôs siekere gedagtes het oo mekaa, of ôs kannie mekaa erkenning gie nie wan ôs dink ôs is hoër as die neks pesoon?

Dis hoekô ek altyd die wêk insit om op te kyk en te groet, en soms voel ek soes die aarde kan oep skee en my insluk wanne iemand my nie innie gesig wil kyk en groetie. But ek remind myself elke dag dat elke man nie dieselle issie, en my liggaam wil misbruikie, dat elke texi nie dieselle issie, en my wil roppie, of onnodag gat ry nie, dat mense van anne generations issie amal dieselle nie, en oude doos, of niks dissipline hettie, dat mense van anne kulture nie amal dieselle issie, en neerkyk op my nie, en dat die stereotypes nie amal veteenwoordigie.

Dis wat my pa my geleerit, met al sy swakhede: hy’t my gelee om te groet, om iemand annes erkenning te gie al ken djy nie die neks pesoonie. En miskien in sy tyd van jongmens wies, en toe hy ʼn jong swat man was in ʼn tyd onnerie oppressie van apartheid, was dit ʼn manier om solidariteit te wys, dit was ʼn manier van saamstaan wys, ʼn manier om te wys ek sien die Mens in jou. Ek mien ôs kry dit nog steeds oogenoeg vedag van annes wat ôsie erkenning kan gie van ôs se menswiesie, hoekô doen ôs dit nog an ôsself?  

Ek mien ôs hettie nodig om die neks pesoon se taal te praat om hulle menswies te erkennie, wan ʼn “Hallo” plus die waai van jou hand of die knik van jou kop is gelyk an “Ek sien jou, Mens!” Easy peasy! ʼn Namaste flow!

My 2bob virrie gameshop.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top