
Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV), in samewerking met ’n aantal Suid-Afrikaanse uitgewerye, stel ’n fees van misdaadskrywers bekend wat oor drie provinsies sal strek.
SASNEV bring die bekroonde skrywer, Adriaan van Dis, skrywer van Tikkop, na Suid-Afrika. Hy tree saam met ’n groot aantal Suid-Afrikaanse skrywers op.
Toer met debuutskrywer
Op Vrydag 4 Oktober tree Van Dis en die debuutskrywer, Eldridge Jason, die skrywer van Gerook, op by ’n aantal Kaapse skole. Jason werk as joernalis by die Son en is ’n gerehabiliteerde tikverslaafde.
5 Oktober, Bellville
Op Saterdag 5 Oktober, tussen 09:00 en 13:00, tree talle skrywers op by Hoërskool DF Malan, te Frans Conradierylaan in Bellville.
Die sprekers by die Kaapse funksie is: Karin Brynard, Hanlie Retief, Ilza Roggeband, Chanette Paul en Adriaan van Dis wat met Daniel Hugo in gesprek sal wees. Isa Konrad sal ook, via Skype, vanuit Switserland meedoen. Die koste is R90. ’n Ligte middagete en ander verrassings is by die kaartjieprys ingesluit. Bespreek by gvisser@dfmalan.com.
8 Oktober, Pretoria
Op Dinsdag 8 Oktober, tussen 16.00 en 21.00, tree ’n groep op by die Waverleybiblioteek, te Cunninghamrylaan in Pretoria.
Die volgende skrywers sal optree: Ilse Salzwedel, Lien Roux-de Jager, Irma Venter, Peet Venter, Carla van der Spuy, Piet Byleveld (die speurder) en Adriaan van Dis, in gesprek met Daniel Hugo. Die aand sluit ook ’n paneelbespreking in met Karen Meiring as spesiale gas. Ligte versnaperinge en ander verrassings is by die kaartjieprys ingesluit. Die koste is R50. Bespreek by waverley@tshwane.gov.za.
11 Oktober, Port Elizabeth
Op Vrydag 11 Oktober, tussen 10.00 en 13.00, tree verskeie skrywers op by Hoërskool Grey, te College Drive in Mill Park, Port Elizabeth.
Hier lza Roggeband, Leon van Nierop, Karin Brynard, Piet Byleveld en Adriaan van Dis aan die woord. Die koste is R90. Ligte versnaperinge en ander verrassings is by die kaartjieprys ingesluit. Bespreek by nprademeyer@greyhighschool.com.
Vir meer inligting, skakel Eureka Barnard van SASNEV by 083 460 4122.

