'n Land vol klippe
Met treë op die stofpad val die reën weer van voor
Stemme fluister woorde van verloor
Waar is die dae van teerpad vanaand?
In 'n land vol klippe soek hy net 'n hand
Môre na môre staan hy in die land
Hy saai saad van lewe in 'n wêreld vol sand
Saad van passie in 'n wêreld vol droog
Saad van kleur in 'n kleurlose boog
Waar is die hand van seën in die verhaal?
Want hy't 'n hart van hoop, maar vanoggend is kaal
REFREIN:
Hy gooi water op beloftes van hoop
Hy staan vas op die pad wat hy loop
Want hy sien mooi wat geen geld kan koop
Hy staan vas in 'n land sonder hoop
Hy staan vas in 'n land sonder hoop
Wanneer die klop van vrees kom pla
En vrae van môre hom dié las wil laat dra
Staan hy vas want hy weet waar hy is
Die mooi is te skaars om te mis
REFREIN
Bo wat almal sê en bo wat almal weet
Weet hy wat hy glo en mens nie kan meet
Want al is daar net klippe in die reënlose boog
Weet hy daar kom reën al lyk dit nou droog
Weet hy daar kom seën al lyk dit nou droog
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


