Hiermee my Kersfeeswens vir al die LitNetlesers.
Somerkersfees
(Woorde: Koos du Plessis en Jannie du Toit; Musiek: Koos du Plessis)
Welkom o stille nag van vrede,
Onder die suiderkruis,
Wyl stemme uit die ou verlede
Oor sterrehemel ruis
Kersfees kom, Kersfees kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somerkersfees
In hierdie land, o Heer.
Hoor jy hoe sag die klokke beier
In eeue-oue taal.
Kyk, selfs die nagtelike swye
Vertel die ou verhaal.
Kersfees kom, Kersfees kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somerkersfees
In hierdie land, o Heer.
Voel jy ook nou sy warm liefde
As ond die dag gedenk,
Toe Hy sy Seun aan ons gegee het –
Ons grootste kersgeskenk.
Christus kom, Christus kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somerkersfees
In hierdie land, o Heer.
Mag, ondanks alle verskille, die vrede en genade wat alleen te vinde is in Jesus Christus elke Litnetleser omvou.
FC Boot.


Kommentaar
Baie dankie vir jou en jou familie en geliefdes ook. Dit is vir my die mooiste Kerslied en is trots om dit uit volle bors te sing.