’n Kaapse konsert vir Christa Steyn

  • 0

LitNet kopknik in hierdie Kerstyd vir Christa Steyn, wat kanker het. Christa is iemand wat liedjies kan skryf en of jy nou wil of nie wil nie, jy onthou dit. Geel madeliefies, Aan die einde van die reënboog, Eerste liefde. Voor mens jou kan kry, sing jy saam. Nou die aand in Stellenbosch is daar ’n fondsinsamelingskonsert gehou om haar mediese kostes te help dek in hierdie moeilike tyd. LitNet het gaan kyk en luister watter musikante haar nou die aand by Hoër Meisieskool Bloemhof vereer. (En as jy steeds ’n bydrae wil maak en nie by die konsert kon wees nie, kontak vir Rika Vermeulen, direkteur van Maniac Music, by 072 262 7239 en 072 988 7384.

Neil Basson
Inge Beckmann en Fred den Hartog
Valiant Swart
Rika Vermeulen
Roelof Colyn

Foto’s: Calvin Siderfin

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top