"’n Inner gevoel" deur Ruan Vassis

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

’n Bekende vertrek met ’n vreemde gevoel
Daar is ’n geskarrel en gewoel agter in my kop
As die vier mure kon praat
Wat sou deur hulle uitspoel
Daar is soveel wat nie gesê is nie
Sinne wat hang in die lug
Die lewe is te kort maar ons staan en kyk terug
Net nog ’n mes in die rug

Waar is die dae waar ons
Kon baljaar in die oop vlaktes
Waar ons gestap het op die rivier se wal
Tyd is te duur om ons lewens te versuur

Met gevoel het ons die lewe aangepak
Maar die passie het vergaan met die kort reis
Soeke om te verstaan dinge buite my verstand
Het my gelei na plekke wat ek af moes brand
Om ‘n tweede kans te kry
Is iets wat niemand wil vermy
Nou wonder ek waar is die dae
Toe ons kon baljaar in die oop vlaktes

Waar ons gestap het op die rivier se wal
Tyd is te duur om ons lewens te versuur
En daar was stilte
En die stilte was lank

My herinneringe bring terug die klanke in die vertrek
Van bekende stemme
Iemand wat agteraf lag
’n roep om hulp
Daar is soveel wat ons duld
As ons maar net nog kon baljaar
In die oop vlaktes soos in die ou dae
Stap op die oewers van die rivier
Die tyd is te duur om ons lewens te versuur

 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top