'n Hartseer Rede
Die rede vir my verlede is die hartseer van vandag
Hou vas my hand, maak my lag
Wees by my net vir hierdie een dag
? Dag, ? dag wat dalk net kan uitdraai in ? ware gelag
Op die oomblik kan ek sê
die verlede is als wat ek wou hê
Pyn word nooit beplan nie
en mens kan net nooit
van al die hartseer laat gaan nie
Pyn breek mens, en pyn beheer mens
dit vorm jou en maak jou 'n nuwe mens
Vat my hand en maak my glo
pyn is tydelik al dink jy nie so
Tyd staan nooit stil nie
en my kop ook nie met draai nie
Die lewe gaan aan
nie ek of jy kan tyd stop of terug draai nie
Die rede vir my verlede
is die hartseer van vandag
Hou vas my hand, maak my lag
wees by my net vir hierdie een dag
? Oomblik wat jy dink is ? goue oomblik
en wanneer jy terugkyk, eers besef
dit was ? fout om te glo
glo kan mens tog net laat rou
Die verlede breek mens, en die verlede beheer mens
dit vorm jou en maak jou 'n nuwe mens
Hou vas my hand, maak dit tel
ek wil in niks glo, net lewe vir nou
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


