"n Duisend sterre se wense" deur Barry Buckley

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Ek is nie altyd wat jy verwag ek moet wees nie
Ek is ook maar deel van hierdie revolusie
waarin ons mekaar so betwyfel
Hoe veel langer kan ons aan mekaar se foute dra
Sal jy vir my' n belofte kan breek
Sonder om my in die rug te steek
Sonder om kwaad te wees vir jouself
Sonder om in hartseer rond te dwaal

'n Duisend sterre se wense net vir jou
Om jou fondasie op te bou
Om jou net meer gelukkiger te hou
'n Duisend sterre se wense net vir jou
Sal dit genoeg wees
Sal dit genoeg wees om in te glo

Hier is vir jou 'n lewensspieël
Waarin jou lewe afspeel soos 'n toneel
Ons ly aan 'n ontbrek in komunikasie
Deel saam my jou grootste vrese
en ek belowe ek probeer my beste

'n Duisend sterre se wense net vir jou
Om jou fondasie om te bou
Om jou net meer gelukkiger te hou
'n Duisend sterre se wense net vir jou
Sal dit genoeg wees
Sal dit genoeg wees om in te glo

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top