? Duisend en een sterre
? Duisend en een sterre, die volmaan vanaand
Dit alles, my liefling, roep sprank’lend jou naam
Daar’s vrede hier in my, ‘n rede hier in my vir sing
Die nagbriesie ritsel jou woorde na my
Beloftes van more wat kom om te bly
Want jy is die een wat my hartlied na my toe bring
REFREIN:
Ek sing van liefde, ek sing van lig
Ek weet die more bring jou terug
My oë gerig op die horison
Die dag wanneer jy terug sal kom
Ek hoor reeds die ritme, die klop van jou hart
Verenig met myne, verwyder my smart
Jy’s altyd hier by my, jou liefde bevry my, my skat
Ek sing vir die dag wat moet breek oor die rant
Die vrede, die vreugde, my hand in jou hand
Vir my is jy lewe, my wêreld, my rede, my hart
REFREIN:
Ek sing van liefde, ek sing van lig
Ek weet die more bring jou terug
My oë gerig op die horison
Die dag wanneer jy terug sal kom
Ja, dit is liefde, jy is my lig
Ek voel die more bring jou terug
My oê gerig op die horison
Die dag wanneer jy terug sal kom
Die dag, my lief, dat jy terug sal kom
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


