
Foto: Canva
’n Taal so lieflik, loflik, liederlik
is die ding waarmee ’n volk opruk
teen die uitdagings van sy tyd
en oor horisonne ver en wyd
Met Latyn in marmerklip gekap
het Romeine deur eeue gestap
en met sy sukkel-Korsi-Frans
het Napoleon oor die Donau gedans
Maar goeie genugtig, Afrikaanse kind
hoe wil jy jou taal laat sweef met die wind
as jy die kleine woordjie MET
sy regmatige plek op jou tong belet?
“Saam jou” gaan ek wragtig nêrens!
“Saam MET jou” dalk wel êrens ...
Kommentaar
Briljant, Paul!