Geskryf vir: Straatligkinders
Soveel dinge, so verkeerd
Die wolke skep ? valse beeld
Dit was meer as net een keer
Dink jy ons sal nou kan leer?
Ek sien jou oë wat in die straatlig skyn
Jou lag van vroeg af daar
Jy’s die een oor wie ek droom in stormnagte laat
Maar sal jy kan verstaan dat ek die donker haat
Ek wens ek kon weghardloop met jou hier by my
Maar hoe begin ek myself oorreed ?
Asseblief, my skat, probeer net om te vergeet
Want dit was alles net te eenvoudig
Sien net die bietjie hartseer as ons lewens-meesterstuk

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

