'n Beeldhouer

  • 0

Die mense rank oor die
mure kruip deur die gate
van jou fyn uitgekerfde are -
hulle neem jou in besit hier.
Daar is onmin waar die hede straal
deur die krake van 'n ideaal.

Sal ek en jy weer lewend word?
Wat is die aard van ons verbond?
Dalk ‘n misverstand
tussen hart en mond en hand.
Of groei die ontnugtering
maar stadigaan?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top