My vrou
Vir jou het ek al ? goue ster gaan haal
en vasgeryg aan die maan se silwer straal
Dit om jou hals gehang en vasgemaak aan my
Vir jou wil ek die berg se hoogste kranse gaan haal
As vesting teen jou hartseer, depressie en die bang
Want jy, my vrou, is my drif en my drang
REFREIN:
Vir jou wil ek my mooiste liedjie sing
Vir jou wil ek my hart vol liefde bring
Want jy is my vrou, want jy is my vrou
Vir jou wil ek die son se vuur gaan steel
en net liefde vir ewig in jou hart verseël
Want jy my vrou, jy praat die taal
Met die see se blou ? mantel weef om jou toe te vou
En ek gaan nog die grootste blouste hemel pluk en
dit vasbind met ? goue strik, net vir jou
REFREIN
BRUG:
Saam met die nuwe lewe en lentewind
wil ek vir jou my mooiste liedjie sing
Want jy is my vrou, Shasta, jy is my vrou
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


