My vriende
Vers 1
Ek het die beste vriende waarvoor ’n mens kan vra.
Hulle is almal spesiaal.
Elke dag kan ek op hulle staatmaak om altyd daar te wees vir my
en my ’n drukkie te gee!
Koor
Vriende kom en gaan.
Hulle sal altyd by jou staan.
Al raak jy gedaan, sal jou vriende jou dra.
Al is die pad moeilik, moet jy leer om jou vriende te waardeer
want so kry julle nie seer
want ’n ware vriend sal altyd sy beste probeer.
Vers 2
’n Vriend sal saam met jou huil wanneer iets hartseer is
En saam met jou lag as julle die goeie tye mis.
Vriende sal volg waarheen jy gaan
en jou terugdruk op die regte pad wanneer jy afdwaal.
Brug
’n Ware vriend is skaars en het jou lief net soos jy is.
Herhaal Koor
![]() |



