My tuintjie het nie genoeg blomme nie

  • 0

Foto: Ian du Toit

Errieda du Toit skryf op Facebook:

My voornemens vir 2021 is om kalmte in alles op te soek. Vandag ontwyk dit my.

Gisteroggend bel ek ’n vriendin om te sê hoe jammer ek is dat haar ma oorlede is – vanoggend kry ek die nuus dat sy in die nag oorlede is. Vanmiddag woon ek ’n gedenkdiens van een van my kosheldinne aanlyn by. My hartsvriend se broer word dieselfde tyd veras. Mense wat soveel meer verdien het as om deel van Covid-statistiek te word.

Ek soek kalmte in die liefde van my gesin en maak vir ons mieliekoekies, ons eet dit in stilte op die stoep met die wind wat die groot boom se geel blommetjies in sarsies op ons uitstort. Ek gaan pluk ’n marigold vir elkeen wat ek ken wat nie eers een week van 2021 gegun is nie, maar my tuintjie het nie genoeg blomme nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top