"My televisie is aan" deur Eugene Vijoen

  • 0

My televisie is aan

My televisie is aan
en ek kyk na die maan
Ek dink myself gedaan
en toe ek weer kyk skok dit my
ek sien op die SABC nuus
dat jy nou getroud is met iemand beroemd
en skielik in my gedagtes kom die prentjie op
van jou met jou skooltas op jou rug
jy vat my aan my das
ek dink aan daai soen by die brug

KOOR:
My televisie is aan
en ek kyk na die maan
Ek wens ons was nog saam
My televisie is aan
en ek kyk na die maan
Ek wens jy kan verstaan
Ek wonder ken jy nog my naam?

Ek onthou die glimlag op jou gesig
dis vir my soos 'n gedig
soos ons soen by die brug
Geluk wat soos diamante uit jou oë straal
Ek hoor nou nog jou lag
My verlore engel vir altyd in my hart

KOOR

My televisie is aan
en ek kyk na die maan
Die sterrehemel reflekteer
jou in my gedagtes terug na my
Ek wens ons kan in 'n pendeltuig maan toe ry
waar niemand ons sal kry
en tot die einde saam bly

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top