Geskryf vir: Enige
Ek skryf my storie elke dag,
met die woorde wat ek spreek,
met my emosie wat ek gee
en my optrede wat ek wys teenoor ander mense.
Ek is lief vir my familie en
my goeie vriende wat ek het,
kan ek op my my een hand tel.
Vir my is dit genoeg en ek weet hulle sal my nie teleurstel.
Ek was bevoorreg om universiteit toe te kon gaan.
Ek was gelukkig genoeg om daar ‘n graad te kon vang.
Daai stukkie papier is nou geplaas in ‘n mooi raam.
Na universiteit was dit maar tyd om aan te moes gaan.
Liefde is iets wat ek nog na jaag.
Elke keer moet mens met ‘n nuwe persoon die stap waag.
Ek vind die soek na liefde soos om ‘n ou leër te klim.
Elke keer wat ek op ‘n stukkende trap trap val ek hard neer.
Elke dag soos ek my storie skryf
besef ek mens word deur ander mense se ervaringe ook wys.
My storie word nou al ‘n verhaal
en so leef ek my lewe in totaal.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


Kommentaar
Your life sounds so empty as if it is hard to maintain ... Love seen as a ladder ... effort and failing. May you find someone who make all the effort ... forever.