"My Pen" deur JL van der Walt

  • 0

My Pen

Almal kyk verby my, hoe kan ek dit verdien?
Almal loop om my, steeds begeer ek om hul te dien
Die verligting van selfmoord moet ek van vergeet
voor my denke my opvreet

Ek draai die rigting van my voetspoor in die sand
die korter pad voel net so lank
Stoor my net in n pynbank, nie vir te lank
net ? oomblik ver van realiteit

Ek sal op my tande byt tot die storm bedaar
en ek dalk êrens ouer kan vergaan

REFREIN:
Ek kyk na my pen en ek voel vry
Alles gaan by my verby
Ek kyk na my pen en ek voel bly
Sal ek ooit weer my rigting kry?

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top