My liefling
Hier staan ek eindelik voor jou
My liewe, onskuldige klein liefling
Jou ogies vonkelend helder blou
stralend van die liefde wat hulle bring
Jou lippies lieflik sag en rooi
jou tandjies glinsterend pêrel wit
Jy is vir my, my liefling, o, so mooi
vir jou wil ek tog so graag besit
Jou glimlaggie open vir my ’n hemel
met alles wat rein is en teer
Soos waar vonkelende sterretjies wemel
bo 'n maanverligte meer
Kom, my kleine liefling
kom sit hier aan my sy
Vertel my tog ook van jou liefde
en die geluk wat jy bring vir my
Hou my hand styf vas, o wonderkind
en soen my saggies op my mond
By jou het ek liefde en geluk gevind
die grootste seën van God
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


