My geheim
As ek net geweet het hoe jy oor my voel
As ek kon raai wat jou woorde bedoel
As almal net kon sien wat ek in jou sien
Sou hulle weet dat jy my liefde verdien
Jy het hier weggegaan sonder om te groet
Agter my lewe gooi ek my hoed
Hoe kan ek dit ooit vergeet
Hoe jou woorde my hart stukkend breek
Koor
Ek huil, maar die trane bring jou nie terug nie
Want die rede vir jou weggaan is in my spieël
En ek praat, maar die woorde maak nie sin nie
Want dit wat ek sê, het jou weg kom steel
En ek mis jou … maar dit is my geheim
My vriende, hulle het nie van jou gehou nie
My ouers het gesê ek’s nie jou trouvrou nie
Maar die wêreld, hulle kon nie sien
Dat jy eintlik al my liefde verdien
Koor
Ek huil, maar die trane bring jou nie terug nie
Want die rede vir jou weggaan is in my spieël
En ek praat, maar die woorde maak nie sin nie
Want dit wat ek sê, het jou weg kom steel
En ek mis jou … maar dit is my geheim
Brug
Elke oomblik van my dag verlang ek na jou lag
Ek sien jou voor my staan, en wonder
Elke oomblik van my tyd, hoekom is ek spyt
En dink jy ook aan my?

![]() |