My Engel van bo

  • 1

Foto: Canva

My Engel van bo

met ons eerste oogkontak
het jou soepel nabyheid my sinne verlam
jou geel geblomde rok
jou lippe
jou oë
jou sagte gelaat
en ek het besef
’n ster het verskiet en in my hart geval
met ’n vreemde warmte wat oor my spoel
kon ek jou sagte ontwaking van liefde voel
toe
in tyd
word ons met drie kinders verryk
met ietwat later ’n kleinkindbonus van vyf
agt-en-vyftig saamdra-jare is agter ons rug
en steeds hou jy my hart gekaap
om hand aan hand ons oorbly-jare
met omgee te deel
ek
en my Engel van bo

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top