
Foto: Pixabay.com
my eie stem
ek willie innie voetspore
van famous digters loepie
’n na-aap was anyway
nog nooit ’n regte dier nie
innie ou dae moes ek my bek hou
al was ek ontevriede
oorie beloep vannie liewe
maar deesdae
kan ek kla
oor allie dinge wat my pla
ek sal bly skrywe tot daai dag
wanne my vinge’s vi’ my sê
nou moet djy ophou broe’tjie
genoeg is nou genoeg
tot dan skryf ek voort
oor topics waa’mie die mense
in my community kan relate
op literêre pryse
traai ekkie aanspraak maakie
soelank ek net my vrou
en kinnes kan hêppie maak
ek weier om innie skadu
van famous digters te beweeg
ek het my eie style
my eie stem
my eie identiteit


Kommentaar
Nice, gefokus en kragtig!
Ek het so klein bietjie gegiggel oor die waarheid van hierdie gedig. Ek hou van JOU stem, en ek glo baie van ons kan daarmee relate. Hou so aan.