My Cabernet Baby
Jy's my Cabernet, baby
Jou hart is Pinot Noir
Jy's volrond, welbeleë
Jou stem 'n plaaskitaar
Bedags is jy 'n Riesling
wat my lank besig hou
Maar saans word jy 'n Merlot
wat aan my lippe klou
REFREIN:
Ons liefde is 'n wynjaar
soms is die oes volmaak
Party dae voorspelbaar
? see van soete smaak
Maar dan is daar ook kere
so droog en stil soos nou
wat ons geen wyn kan maak nie
en later weer berou
Jy’s my vonkelwyn, baby
Jou kop is Chardonnay
Jou Edelrood-gedagtes
lok my soos ? rosé
My Cabernet, baby
Maar nooit ? Pinotage
My Merlot lady
Ons huiswyn raak nou skaars
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


