"My Cabernet-baby" deur Braam van der Vyfer

  • 0

My Cabernet-baby

Jy's my Cabernet-baby
jou hart is Pinot Noir
jy's volrond welbeleë
jou stem ’n plaaskitaar

Bedags is jy ’n Riesling
wat my lank besig hou
maar saans word jy ’n Merlot
wat aan my lippe klou

Refrein

Ons liefde is ’n wynjaar
soms is die oes volmaak
party dae voorspelbaar
’n see van soete smaak,
maar dan is daar ook kere
so droog en stil soos nou
wat ons geen wyn kan maak nie
en later weer berou

Jy’s my vonkelwyn baby
Jou kop is Chardonnay
Jou Edelrood-gedagtes
Lok my soos ’n rosé

My Cabernet-baby
Maar nooit ’n Pinotage
My Merlot-lady
Ons huiswyn raak nou skaars

Herhaal refrein

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top