"My buddy" deur Lizanne Boyder

  • 0

My buddy

Jy is ‘n awesome buddy
een om te hou for life
Jy sukkel met jou liefdeslewe
en die feit dat jy so sukkel cut soos ‘n flippen knife

Maar al wat jy soek is seks, love and rock ‘n’ roll
en iemand om so bietjie vas te hou na die joll

Jy hou van al die bederf met drukkies
en hou daarvan om te hoor van trou en kinders kry
Maar als hou net vir ‘n baie klein rukkie
want jy weet, jy wil net in die bondel vry

Maar al wat jy soek is seks, love and rock ‘n’ roll
en iemand om so bietjie vas te hou na die joll

Jy weet nie wat jy wil hê nie
Jy sê nee vir ‘n threesome
Jy sê jy soek nie net ‘n fling nie
maar daai is pretty much awesome

Maar al wat jy soek is seks, love and rock ‘n’ roll
en iemand om so bietjie vas te hou na die joll

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top